Wees versigtig! Padwerke in Groblersdal
Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees terwyl padwerke op die N11 (Voortrekkerstraat) voortduur.
Konstruksiewerkers is tans besig om slaggate op die N11 in Voortrekkerstraat tussen Groblersdal Gholfklub en Groblersdal Hospitaal te herstel.
Die yslike slaggate het gedurende Desember 2025 gevorm op die N11.
Die dubbelbaan tussen Groblersdal Gholfklub en die Groblersdal Hospitaal is gesluit. Een van die dubbelbane vanaf Groblersdal na Middelburg is geopen vir verkeer vanaf Middelburg na Groblersdal.
Daar is konstruksiewerkers wat vir motoriste aandui waar om te ry en padtekens is in plek om motoriste te waarsku.
• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.
