Observer Daller

Groblersdal: Padwerke kan verkeer belemmer

Motoriste in Groblersdal word gewaarsku dat die padwerke op die N11 (Voortrekkerstraat) verkeersopeenhopings kan veroorsaak.

Die padwerke op die N11 (Voortrekkerstraat) naby Hoërskool Ben Viljoen duur stééds voort.

Konstruksiewerkers is tans besig om slaggate op die hierdie pad te herstel.

Die dubbelbaan vanaf Groblersdal Hospitaal se ingang tot voor die ingang van die Al Falaah Islamic Centre is tans gesluit met die padwerke.

Een van die dubbelbane vanaf die Loskop Gimnasium se hek tot by die koshuishek van Hoërskool Ben Viljoen is oop vir verkeer vanaf Middelburg na Groblersdal, terwyl die ander enkelbaan oop is vir verkeer vanaf die dorp na Hoërskool Ben Viljoen se rigting.

Daar is konstruksiewerkers wat vir motoriste aandui waar om te ry en padtekens is in plek om motoriste te waarsku.

Die padwerke kan verkeersopeenhopings veroorsaak, veral in spitstye, soos wanneer die skool uitkom vanmiddag.

Verkeersvloei-probleme kan ondervind word tussen 06:00 en 09:00, 12:00 en 14:00, asook 17:00 en 18:30.

• Padverbruikers word ook gewaarsku om versigtig te wees, aangesien daar motoriste is wat nie die verkeerswetgewing volg deur by dié verkeerslig-kruising te stop terwyl dit nie werk nie.

Lees ook: Wees versigtig! Padwerke in Groblersdal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button