Observer Daller

Groblersdal: Warm en sonnige week verwag

Warm en sonnige weer word dwarsdeur die week vir Groblersdal verwag, met ’n moontlike donderstorm wat Vrydag- en Saterdagmiddag bietjie lafenis sal bring.

Die kwik sal hierdie week weer hoog wees in Groblersdal met die maksimum temperatuur wat bo 33°C sal bly en eers teen Sondag sal daal.

Vandag (Maandag) word warm en sonnige weer verwag met die kwik wat sommer die hoogte sal inskiet met ’n maksimum van 36°C. Daar is ’n gevaar vir dehidrasie en hitte-uitputting terwyl strawwe aktiwiteite gedoen word. Teen vanaand sal die temperatuur genadiglik daal na 17°C.

More (Dinsdag) sal sonnig wees met ’n maksimum temperatuur van 34°C. Die minimum sal daal tot 18°C.

’n Sonnige dag word Woensdag verwag met ’n maksimum temperatuur wat 33°C bereik. Die minimum temperatuur sal daal tot 18°C.

Sonnige en warm weer word weer Donderdag verwag met die maksimum temperatuur op 36°C en die minimum 21°C.

Vrydag sal sonnig wees met ’n maksimum temperatuur van 34°C. Teen die aand word ’n paar donderstorms verwag, andersins, word gedeeltelik bewolkte en bedompige weer verwag. Daar is 70% kans vir reën met ’n 42% kans vir donderstorms. Die minimum sal daal tot 21°C.

Sonnige weer word verwag Saterdag, met ’n donderstorm die middag. Die maksimum temperatuur is 34°C met ’n 57% kans vir reën. Daar word ook ’n paar donderstorms in die aand verwag, andersins gedeeltelike bewolkte weer. Daar is ’n 69% kans vir reën die aand en sal die minimum daal tot 20°C.

Teen Sondag sal die temperatuur bietjie daal met die maksimum temperatuur wat 25°C sal bereik. Bewolkte weer met ’n donderstorms word in gedeeltes van die area verwag. Daar is ’n 55% kans vir reën. Teen die aand sal die kwik daal tot 17°C en word ’n bietjie reën verwag, andersins bewolkte weer.

Die koel weer sal Maandag voorduurt met die maksimum temperatuur wat 26°C sal bereik. Dit sal ’n bewolkte dag wees met ’n moontlikheid vir reën teen die aand.

Lees ook: Groblersdal: Padwerke kan verkeer belemmer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button