Observer Daller

Juwele verdwyn terwyl man horlosies koop

Vrou in Groblersdal waarsku gemeenskap om versigtig te wees wanneer hulle man wat juwele koop in hul huise toelaat.

’n Bejaarde vrou beweer dat van haar goue juwele gesteel is, toe sy ou horlosies aan ’n man verkoop het.

Me. Babie Bekker vertel dat ’n jong man van huis tot huis loop en juwele koop en verkoop.

“Ek het die jong man in my huis ingelaat, aangesien ek ou horlosies het wat ek graag wil verkoop. Die man het my gevolg tot in my kamer, waar ek die ou horlosies tussen my juwele uitgehaal het,” vertel me. Bekker.

Die man het glo belangstelling getoon in me. Bekker se goue juwele, onder andere, ringe, oorbelle en borsspelde.

“Ek het vir hom gesê dat ek net die ou horlosies wil verkoop en nie my ander juwele nie. Hy het die ou horlosies geneem en my betaal daarvoor, voor hy by my huis uit is.”

Sy het eers ’n maand later agtergekom dat daar van haar ander goue juwele weg is.

“Ek vermoed hy moes my juwele gesteel het toe ek besig was om die horlosies uit te haal, aangesien hy my agtervolg het tot in my kamer en belangstelling getoon het in die goue juwele.”

Sy vermis goue ringe en ’n borsspeld.

“Ek wil net die gemeenskap waarsku om versigtig te wees en nie enigiemand in hul huis toe te laat nie. Die jong man was vriendelik en baie ordentlik.”

• Me. Bekker het egter nie dadelik ’n saak van diefstal by die polisiestasie geopen nie, omdat die polisie na bewering nie ’n vorige saak wat sy gerapporteer het, wou oopmaak nie.

• Die Groblersdal Polisiestasie het egter intussen me. Bekker gehelp om beide klagtes se sake te open.

• In 2024 is bejaardes by Herfsakker geteiken waartydens juwele gesteel is deur twee mans wat kwansuins matte en bekleedsels by ouetehuise was.

Daar is sake in Middelburg, Belfast, Groblersdal, Paulpietersburg en Howick gerapporteer oor die twee mans wat ouetehuise teiken en juwele steel.

In Februarie verlede jaar is ’n man deur die polisie op Roossenekal vasgetrek. Daar is verneem dat Emerson John Pretorius kort nadat hy gearresteer is, ’n bekentenis afgelê het.

’n Tweede persoon was ook ’n verdagte, maar Pretorius het klaarblyklik erken dat hy die meesterbrein agter die diefstalle was en is die ander persoon laat gaan. Die ander persoon was ’n jong man.

Lees ook: Groblersdal: Padwerke kan verkeer belemmer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button