Observer Daller

Groblersdal kan gedeelte van seldsame sonsverduistering sien

Groblersdallers kan verwag om ’n gedeelte van die seldsame ringvormige sonsverduistering te sien.

Die seldsame ringvormige sonsverduistering, wat bekend is as die ‘ring van vuur’, sal Dinsdag, 17 Februarie, plaasvind.

Hierdie verstommende hemelse gebeurtenis vind plaas wanneer die maan tussen die aarde en die son beweeg, terwyl dit naby sy verste wentelpunt van ons planeet is, en te klein lyk om die sonskyf heeltemal te bedek. Omdat dit te klein lyk om die sonskyf te bedek, gloei die sonlig in ’n sirkel of ring agter die maan uit.

Alhoewel die volle ‘ring van vuur’-fase slegs sigbaar sal wees vanaf afgeleë dele van Antarktika en die Suidelike Indiese Oseaan, sal baie streke in die Suidelike Halfrond ’n gedeeltelike verduistering sien, insluitend Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Inwoners van Groblersdal sal slegs sien dat die maan ’n gedeelte van die son se skyf bedek.

Gebaseer op die ligging van Groblersdal word die volgende tye vir die verduistering verwag:
• Gedeeltelike verduistering Begin: 14:28.
• Maksimum verduistering: 15:14.
• Gedeeltelike verduistering Eindig: 15:56.
Totale duur: Ongeveer een uur en 28 minute.

Op die hoogtepunt van die gebeurtenis in Groblersdal sal die maksimum sonbedekking (verduistering) ongeveer 7% tot 9% wees. Dit beteken dat dit sal lyk asof slegs ’n klein “happie” uit die son se rand geneem is.

Omdat dit nie ’n totale verduistering is nie, sal die Son uiters helder bly. Mense word aangeraai om gesertifiseerde sonsverduisteringsbrille te gebruik wanneer hulle direk na enige fase van hierdie verduistering kyk.

Lees ook: ’n Vol Loskopdam bly ’n seën vir die Vallei

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button