Observer Daller
Hoërskool Ben Viljoen palm 88 medaljes in
Hoërskool Ben Viljoen se atlete het by die Sutherland Uitnodigingsbyeenkoms in Pretoria 88 medaljes ingepalm.
Hoërskool Ben Viljoen se atlete het verlede Vrydag aan die Sutherland Uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem en hul staal gewys teen sterk kompetisie.
Deelnemende skole het bestaan uit: Sutherland High School, Hoërskool Ben Viljoen, Rietondale High School, Hoërskool Akasia, Hoërskool F.H. Odendaal en Cornwall Hill College.
Die Daller atlete het uistekend preseer en 88 medaljes ingepalm, waarvan 38 goud, 28 silwer en 22 brons.
• Die volle uitslae van hierdie byeenkoms kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.



Lees ook: Nuwe personeel by Hoërskool Ben Viljoen
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
