Observer Daller

Padwerke en verfwerk kan verkeer belemmer

Motoriste word gewaarsku dat padwerke tans op die N11 (Voortrekkerstraat) voortduur en dat stoptekens en spoedhobbels tans in Haarhoffstraat geverf word, wat verkeer kan belemmer.

Konstruksiewerk op die N11 (Voortrekkerstraat) duur vandag voort en vind direk voor die Al Falaah Islamic Centre plaas.

Die dubbelbaan voor die Al Falaah Islamic Centre, die baan vanaf Middelburg na Groblersdal, is tans gesluit tot voor Haarhoffstraat.

Behalwe vir die slaggate wat herstel word, is die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit ook tans besig om stoptekens en spoedhobbels in Haarhoffstraat oor te verf.

Street intersection with large "STOP" painted on the road, shadowed by trees. A stop sign and traffic cones are near residential houses on a sunny day.
Stoptekens en spoedhobbels word tans in Haarhoffstraat geverf. Foto: Janine Saayman.

Hierdie instandhoudingswerk , kan die verkeer belemmer, veral wanneer Hoërskool Ben Viljoen vir die dag sluit en leerlinge by die skool gehaal moet word.

Motoriste word gewaarsku om ’n ekstra tydjie te beplan vir ’n moontlike verkeersopeenhoping.

• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.

Lees ook: Groblersdal kan gedeelte van seldsame sonsverduistering sien

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button