Slaggate in Groblersdal word herstel!
Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit is uiteindelik besig om slaggate in Groblersdal te herstel en op te vul!
Slaggate in Groblersdal word tans herstel en opgevul!
Daar is sedert November verlede jaar verskeie klagtes ontvang oor die slaggate in die dorp.
Verlede week is daar reeds opgemerk dat die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit in die proses is om slaggate in die dorp te herstel en op te vul.
Maandag is die munisipaliteit se werknemers gesien in Klipstraat naby die taxihalte, waar hul twee yslike slaggate herstel het.

Verlede week het hul ook slaggate op die hoek van Hans Abrahamstraat en Martiens Bekkerstraat opgevul en slaggate in Nywerheidstraat tussen B3 Funeral Services en Alzu Feeds Groblersdal herstel.
Simon Makua, munisipale woordvoerder, het die gemeenskap aangemoedig om slaggate, wat opgevul moet word, te rapporteer. Hy het twee e-posadresse verskaf waar die publiek die straatnaam en presiese area waar die slaggat/slaggate is, kan rapporteer. ’n E-pos kan gestuur word aan info@emlm.gov.za of Jmahlangu@emlm.gov.za.
Mnr. Willie Oosthuizen het ook gesê dat die gemeenskap aan hom slaggate kan rapporteer deur ’n foto van die slaggat, pen plek (pin location) en straatnaam en huisnommer aan hom te WhatsApp by 083 627 6490.
