Groblersdal het ’n baie warm en bedompige week beleef verlede week, maar verligting is op pad met reën wat voorspel word vanaf Woensdag tot Saterdag.
Vandag (Maandag) sal meestal bewolk wees met die maksimum temperatuur wat 31°C bereik en die minimum wat sal daal tot 18°C.
Meestal bewolkte weer word more (Dinsdag) verwag met die maksimum temperatuur wat 31°C sal bereik. Teen laataand sal die temperatuur daal na 19°C. Daar is ’n 60% kans vir reën en donderstorms in die aand.
Woensdag sal warm wees met ’n mengsel van son en wolke. Daar word ook geewaarsku teen strawwe aktiwiteite buite in die hitte, aangesien die maksimum temperatuur ’n baie warm 34°C sal bereik. ’n Donderstorm kan in die middag verwag word en ’n 55% kans vir reën word verwag. Die aand sal bewolk wees met die temperatuur wat daal tot 21°C.
Donderdag sal meestal bewolk en baie bedompig wees. Die temperatuur sal ’n maksimum van 29°C bereik en daar is ’n 55% kans vir reën met ’n donderstorm wat op plekke in die middag verwag kan word. Die aand sal bewolk en bedompig wees. Daar is ’n 88% kans vir reën en 53% kans vir donderstorms. Die temperatuur sal daal tot 19°C en ’n aantal donderstorms kan laataand verwag word.
Bewolk en vogtige weer word voorspel vir Vrydag met ’n paar donderstorms, veral laat in die dag. Die maksimum temperatuur sal 27°C bereik en daar is ’n 90% kans vir reën en 54% kans vir donderstorms. ’n Aantal reënbuie en donderstorms kan ook in die aand verwag word. Die temperatuur sal daal tot 21°C.
Saterdag sal meestal bewolk en bedompig wees met ’n aantal donderstorms wat verwag kan word. Die maksimum temperatuur sal 28°C bereik en daar is ’n 58% kans vir reën. Wyd verspreide aanddonderstorms word verwag; andersins gedeeltelik bewolk. Daar is ’n 55% kans vir reënbuie met temperature wat tot 18°C daal.
Bewolkte weer word voorspel vir Sondag met die maksimum temperatuur wat 32°C sal bereik. Die aand sal meestal bewolk en bedompig wees met ’n aantal donderstorms. Daar is ’n 58% kans vir reën en die minimum temperatuur sal daal tot 21°C.
Veranderlike bewolkte, bedompie weer met ’n paar donderstorms word Maandag verwag, veral laat. Die maksimum temperatuur sal 30°C bereik en is daar ’n 65% kans vir reën. ’n Aand donderstorm kan in gedeeltes verwag word, andersins, bewolk en bedompig. Die minimum temperatuur sal daal tot 19°C en daar is ’n 55% kans vir reën.
