Observer Daller

RTT-departement die beste!

Hoërskool Ben Viljoen se RTT-departement is as die beste in Sekhukhune-Suid aangewys ná ’n algehele eerste plek in die distrik volgens die 2025 NSS-uitslae.

Hoërskool Ben Viljoen se RTT-departement is die beste in Sekhukhune-Suid!

Me. Carla Snyman en me. Marianda van Jaarsveld, hoogs bekwame Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)-onderwysers, het ’n algehele eerste plek in die Sekhukhune-Suid Distrik behaal. Dit is gebaseer op die Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) 2025-uitslae.

Daarbenewens is me. Van Jaarsveld ook vereer met ’n plek onder die Top 5 in Limpopo vir Inligtingstegnologie (IT) – ’n besonderse erkenning van haar kundigheid, harde werk en toewyding aan uitnemendheid.

Hierdie prestasie weerspieël nie net hul buitengewone vakkennis en professionele toewyding nie, maar ook die akademiese standaard waarna die skool voortdurend streef.

Lees ook: Hoërskool Ben Viljoen palm 88 medaljes in

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button