Observer Daller

Groblersdal: Nat en bedompige week lê voor

Swaar donderstorms word vir vanaand in Groblersdal voorspel.

Groblersdallers kan moontlik nog reën hierdie week verwag, met reën wat more (Dinsdag) en ook oor die naweek voorspel word.

Daar word verwag dat vandag (Maandag) bewolk en bedompig sal bly met ’n donderstorm wat vanmiddag op plekke sal voorkom. Daar is ’n 55% kans vir reën deur die loop van die dag met die maksimum temperatuur wat 27°C sal bereik. Die kans vir reën vanaand is 88% met ’n waarskynlikheid van 48% vir donderstorms. Die temperatuur sal na verwagting tot ’n lae 18°C daal.

More (Dinsdag) word meestal bewolkte toestande verwag met ’n donderstorm wat in die middag verwag word. Daar is ’n 56% kans vir reën met die maksimum temperatuur wat 29°C bereik. Teen die aand word plek-plek donderstorms verwag. Daar is ‘n 55% kans virp reën in die aand met temperature wat tot 17°C daal.

Woensdag sal gedeeltelik sonnig wees met die maksimum temperatuur wat ’n warm 32°C bereik. Die aand sal gedeeltelik bewolk en bedompig wees met temperature wat tot 18°C daal.

Donderdag gaan ’n baie warm dag wees, met ’n mengsel van son en bewolkte weer. Wees versigtig indien strawwe aktiwiteite buite gedoen word. Die maksimum temperatuur sal 34°C bereik. Die aand sal meestal bewolk en vogtig wees met ’n paar donderstorms, veral vroegaand. Daar is ’n 90% kans vir reën en ’n 54% kans vir donderstorms. Die minimum temperatuur sal daal tot 18°C.

Vrydag sal dit meestal bewolk en nie so warm wees nie, maar baie bedompig met wyd verspreide donderstorms. Die maksimum temperatuur sal 29°C bereik en daar is ’n 55% kans virp reën gedurende die dag. Bewolkte en bedompige weer word gedurende die aand verwag met ’n paar donderstorms. Daar is ’n 88% kans vir reën gedurende die aand en ’n 57% kans vir donderstorms. Die minimum temperatuur sal daal tot 19°C.

’n Oggend-donderstorm word Saterdag voorspel met bewolkte en vogtigte toestande. Daar is ’n 56%-kans vir reën wat gedurende die dag voorspel word, met die maksimum temperatuur wat 27°C bereik. Die aand word wydverspreide donderstorms en gedeeltelikte bewolkte toestandes. Daar is ’n 55%-kans vir reën gedurende die aand en die minimum temperatuur sal tot 18°C daal.

’n Donderstorm word Sondagoggend op plekke voorspel, met sonskyn wat deur die wolke sal breek. Daar is ’n 55% kans vir reën en die maksimum temperatuur sal 27°C bereik. Die aand sal gedeeltelik bewolk wees en temperature sal tot 14°C daal.

Lees ook: Nuwe liedjie uit Marice se pen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button