Observer Daller

Padwerke sluit deel van Herefordstraat vir verkeer

Die dubbelbane in Herefordstraat is aangepas terwyl slaggate herstel word, met motoriste wat versoek word om versigtig te ry en padtekens te volg.

’n Deel van Herefordstraat (N11) is tans gesluit vir verkeer weens padwerke waar konstruksiewerkers besig is om slaggate te herstel.

Die betrokke gedeelte strek vanaf Design a Sign tot net voor die Suzuki-handelaar in Herefordstraat. Die pad is gesluit vir verkeer wat vanaf die dorp in die rigting van die Schoemanpad op die N11 beweeg.

Om verkeersopeenhopings te beperk, is een van die dubbelbane vanaf die Schoemanpad oopgemaak vir voertuie wat vanaf die dorp reis. Dit laat beperkte verkeersvloei toe terwyl die herstelwerk voortduur.

Motoriste word gemaan om versigtig te wees wanneer hulle deur die gebied ry, aangesien konstruksiewerkers op die toneel is. Konstruksiewerkers wys padgebruikers waar om te ry, en die nodige padtekens is opgerig om veiligheid te verseker.

• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.

Lees ook: Groblersdal: Nat en bedompige week lê voor

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button