Observer Daller

Gromar graad 8’s hou slotseremonie

Die slotseremonie het ’n betekenisvolle oomblik in elke Gromar Landbou Akademie-leerder se skoolloopbaan gemerk.

’n Nuwe hoofstuk begin.
Op 9 Februarie is ’n belangrike mylpaal bereik toe die graad agt leerlinge van Gromar Landbou Akademie tydens hul slotseremonie amptelik as deel van die hoërskool verwelkom is.

Die seremonie het die begin van ’n opwindende nuwe hoofstuk in hul skoolloopbaan gemerk.

Sedert die begin van die jaar het die graad agts hard gewerk om hul plek in die hoërskool omgewing te vind.
Hulle het nuwe roetines aangeleer, vriendskappe gevorm en die uitdagings van hoërskool met entoesiasme en deursettingsvermoë aangepak.

Die slotseremonie was ’n betekenisvolle geleentheid wat nie net hul groei en aanpassing erken het nie, maar ook hul bereidwilligheid om deel te wees van Gromar Landbou Akademie se waardes en tradisies.

A group of ten students in uniform pose with a teacher under a tree outside a brick school building. The scene is sunny, conveying a cheerful mood.
Die graad agt leerlinge saam met me. Leatitia Eksteen.

Met trots kan daar nou gesê word dat die graad agt-leerlinge volle hoërskoolleerders is.

Gromar Landbou Akademie wens elke graad agt-leerder alles van die beste toe vir die pad vorentoe en sien uit daarna om hul ontwikkeling en suksesse in die jare wat kom, te beleef.

Lees ook: Padwerke sluit deel van Herefordstraat vir verkeer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button