Observer Daller

Ben Viljoen is derde by Bosveld Interhoër

’n Indrukwekkende spanpoging het vir Ben Viljoen ’n groot medalje-oes opgelewer en algehele derde plek by die Bosveld Interhoër.

Hoërskool Ben Viljoen se atlete het Saterdag hul merk gemaak by die 62ste Bosveld Interhoër wat by Hoërskool Ellisras in Lephalale aangebied is.

Die Dallers het met ’n indrukwekkende medalje-oes van 20 goue, 23 silwer en 15 brons hul sportvernuf ten toon gestel teen sterk kompetisie van sewe deelnemende skole.

’n Groot hoogtepunt van die dag is dat Hoërskool Ben Viljoen ’n algehele derde plek tydens die Bosveld Interhoër behaal het.

Ben Viljoen se atlete, dirigente en sangspan het die dag hul skool trots verteenwoordig en die ware gees van sportmanskap uitgeleef.

• Die volle artikel en uitslae kan in hierdie week se Observer Daller gelees word.

Athlete in a yellow top prepares to throw a javelin on a grassy field, with focused expression. Spectators and a green banner are in the background.
Limni-Lu Heswick.
A female athlete in a yellow and green uniform prepares to throw a green shot put at an outdoor event. She stands on a platform, focused, with spectators blurred in the background.
Anika Pruis.

Lees ook: Ben Viljoen stel Interhoërspan bekend by Big Brag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button