Groblersdal: Reën vroeg in die week, hitte later
Wisselvallige weer met hoë humiditeit en moontlike reënbuie word vir vroeg in die week voorspel, voor die kwik later die week sal styg.
Alhoewel Groblersdal gister heerlik reën ontvang het, blyk dit of die reënerige weer nie lank sal bly nie.
Vandag (Maandag) word sonskyn en wolke vir die res van die dag verwag. Daar is ’n 60% kans vir reën en die humiditeit is 85%. Die maksimum temperatuur sal 27°C bereik en vanaand tot 18°C daal.
Môre (Dinsdag) word daar wel bietjie reën voorspel met ’n 60% kans vir reën en die humiditeit wat 75% sal wees. Die dag sal gedeeltelik bewolk wees met die moontlikheid vir ’n donderstorm op plekke. Die maksimum temperatuur sal 30°C bereik en daal tot 16°C.
Woensdag sal gedeeltelik sonnig wees met ’n 30% kans vir ’n reënbui in die oggend. Die humiditeit bly hoog op 80%, terwyl die maksimum temperatuur 29°C sal bereik en daal tot 17°C.
Daar word sonskyn en wolke Donderdag voorspel met ’n 30% kans vir reën wat die aand sal voorkom. Dit sal ook bedompig wees met ’n humiditeit persentasie van 75%. Die maksimum temperatuur sal 31°C bereik en daal tot 18°C.
Sonskyn en min wolke word Vrydag verwag, alhoewel daar ’n 30% kans vir ’n reënbui sal wees die middag. Die humiditeit is 75% en die maksimum temperatuur word voorspel om 31°C te bereik en die minimum 17°C.
Saterdag sal meestal bewolk wees met moontlik reën wat op plekke laat die aand voorspel word. Die kans vir reën is 30% met die humiditeit op 75%. Die maksimum temperatuur word voorspeel om 31°C te bereik en te daal tot 17°C.
Die humiditeit sal Sondag effens hoër wees met 80%, terwyl daar ’n oggendreënbui voorspeel word met ’n 30% kans vir reën. Die maksimum temperatuur sal 31°C berek en die minimum 17°C.
