Observer Daller

Klouter Klitsies maak idiome ‘lewendig’

’n Kleurvolle Moedertaaldagviering by Klouter Klitsies het gewys hoe taalontwikkeling en verbeelding reeds van kleins af hand aan hand kan gaan.

Kleuterskool Klouter Klitsies het Internasionale Moedertaaldag op 20 Februarie op ’n besonder kleurvolle en kreatiewe wyse gevier.

Kleuters, personeel en ouers het saam Afrikaans en taalpret gevier.

Die vieringe het gefokus op die bevordering van taalbegrip en verbeelding, met kleuters wat aangemoedig is om soos bekende Afrikaanse idiome aan te trek. Die oorspronklikheid en moeite wat in die kostuums ingegaan het, het beslis beïndruk.

Onder die uitstaande uitbeeldings was idiome soos ‘Jan Tuisbly se karretjie’, “Dit reën katte en honde’, ‘’n Klein muis met groot ore’ en ‘’n Kat in die sak koop’.

Elke kostuum het die betekenis van die idioom op ’n speelse en verstaanbare manier uitgebeeld, wat taalontwikkeling by die jong leerders verder versterk het.

Die dag se verrigtinge het groot opgewondenheid ontlok en gewys dat leer reeds op ’n vroeë ouderdom kreatief en betekenisvol kan plaasvind.

Moedertaaldag by die kleuterskool was nie net ’n viering van Afrikaans nie, maar ook van kultuur, kreatiwiteit en kinderlike verbeelding – ’n dag wat beslis met groot glimlagte onthou sal word.

A joyful child with blonde hair smiles warmly, adorned with a crown of green leaves and purple flowers. The text reads, "Groen vingers hê ..".
Elizabeth Holmes.
A smiling child wearing a cow costume with a pink cow head hood stands against a brick wall. A sign hangs around their neck reading "So mal soos 'n koei."
Lara van der Merwe.
A young child with playful, spiky pigtails sits on a mat wearing a green shirt. They hold a sign with a frog illustration and Afrikaans text. The mood is cheerful and whimsical.
Leah Entres.
A smiling child on grass wearing a tree-shaped paper hat with leaves and an apple. Text in Afrikaans reads, "Die appel val nie ver van die boom af nie."
Michris Ferreira.
A child in a bee costume smiles, holding a paper plate with a hand-drawn bee that reads "Besig soos 'n by." Stands before a brick wall. Happy tone.
Ulrich van der Merwe.

Lees ook: Groblersdal: Reë vroeg in die week, hitte later

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button