Observer Daller

Distriksverkiesing bekroon Tumi

Hoërskool Ben Viljoen leerling se verkiesing as ondervoorsitter van die Sekukhune Suid Distrik se VRL beklemtoon haar uitnemende leierskap.

Tumi Mphahlele se verkiesing tot ’n sleutelpos getuig van haar leierskap, deursettingsvermoë en integriteit.

Sy is aangewys as die ondervoorsitter van die Verteenwoordigende Leerlingraad van die Departement van Onderwys in die Sekukhune Suid Distrik.

Hierdie verkiesing was oop vir alle leerders wat deel vorm van dié distrik, wat hierdie prestasie nóg meer betekenisvol maak. Dit getuig in die vertroue wat mede-leerders en opvoeders in haar vermoëns het.

Om op distriksvlak verkies te word, is ’n besondere eer en ’n groot verantwoordelikheid.

Hoërskool Ben Viljoen is besonder trots op Tumi en wens haar alle sterkte en wysheid toe om haar rol te vervul.

Lees ook: Slaggat-geteisterde pad kry uiteindelik aandag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button