Observer Daller

AIM-kompetisie verwyder 1 835 baars uit Loskopdam

Met die vyfde AIM-kompetisie is daar weer suksesvol grootbekbaars uit Loskopdam verwyder en ’n inheemse boom geplant as deel van ’n groeiende bewusmakingsinisiatief.

Die AIM-kompetisie, wat daarop gemik is om die getalle van grootbekbaars, ’n verklaarde indringer-visspesie, te beheer, het op 28 Februarie 2026 by Loskopdam plaasgevind.

Sedert die kompetisie in 2022 begin is, word daar jaarliks gepoog om soveel moontlik baars uit die dam te vang en te verwyder, met vanjaar se poging wat weereens groot sukses behaal het.

Altesaam 1 835 baars is tydens die kompetisie gevang en uit Loskopdam verwyder.

’n Besondere tradisie van die kompetisie is ook voortgesit toe ’n inheemse boom op die terrein van Forever Resort Loskopdam geplant is. Vanjaar is ’n witmelkhoutboom geplant, geskenk deur Peet van Rensburg van die Tree Factory in Pretoria.

Die eerste graaf grond is simbolies gegooi deur die president van die Suid-Afrikaanse Hengel- en Vergooi Vereniging, Andries Maree, wat die AIM-kompetisie reeds oor jare heen sterk ondersteun.

Intussen is daar ook erkenning gegee aan ’n langstaande ondersteuner, André Booyens, wat vanjaar 41 jaar vier van betrokkenheid by hengelkompetisies by Loskopdam – ’n merkwaardige mylpaal in die plaaslike hengelgemeenskap.

• Die volle artikel en uitslae van die AIM-kompetisie kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.

Two people smiling and shaking hands at a fishing competition. They hold an oversized check for prize money. Fish graphics are displayed in the background.
Luan Stoltz en ds. Theo Homann. Foto: Suné Hoffman.
Three people wearing matching fishing shirts with a large fish graphic stand smiling under a blue tent. Purple bins in front hold various small fish.
Amé, Tertius en Luan Oosthuizen wat as familie 108 baars gevang het. Foto: Suné Hoffman.
Two people stand under a blue and white tent, smiling and holding large bass fish. They wear matching red fishing shirts, conveying excitement.
John en Annetjie Short. Foto: Suné Hoffman.
A man in a checked shirt stands behind a fishing gear display, giving two thumbs up. The table is filled with colorful floats and various fishing supplies.
André Booyens. Foto: Suné Hoffman.

Lees ook: Distriksverkiesing bekroon Tumi

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button