Ben Viljoen-spanne wys karakter in NWU Skolesportreeks
Ben Viljoen se sportspanne het hul staal gewys teen Standerton met sterk spanwerk en gees tydens ’n opwindende NWU-skolesportdag.
Hoërskool Ben Viljoen se sportspanne het verlede Saterdag in die tweede rondte van die NWU Skolesportreeks teen Hoërskool Standerton te staan gekom.
Dit was ’n opwindende dag vol aksie waarin spelers van rugby, netbal en hokkie hul beste gelewer het. Op die veld en bane was daar nie net kompeterende spel nie, maar ook uitstekende spanwerk en sportgees wat duidelik na vore gekom het.
Die dag het weereens bewys dat Ben Viljoen se sportspanne nie net oor talent beskik nie, maar ook oor deursettingsvermoë en trots in hul skool, terwyl hulle hulself sterk teen Standerton gehandhaaf het.
• Die volle artikel en uitslae kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.



