Observer Daller

Waarskuwing: Belangrike Groblersdal verkeerslig werk nie

Spitstye kan geraak word deur verkeerslig in Groblersdal wat sedert gister nie werk nie.

Motoriste in Groblersdal word dringend gewaarsku dat die verkeerslig op die hoek van Van Riebeeckstraat en Tauteslaan, naby die Groblersdal Landdroshof, sedert gistermiddag buitewerking is.

Die situasie hou ’n potensiële risiko vir padgebruikers in, veral gedurende besige spitstye wanneer verkeersvloei reeds onder druk is. Motoriste word versoek om die kruising as ’n vierrigtingstop te hanteer en streng by padreëls te hou.

Padgebruikers word verder gemaan om waaksaam te wees vir motoriste wat moontlik nie die reëls gehoorsaam nie, aangesien dit die kans op ongelukke kan verhoog.

Die ontwrigting van die verkeerslig gaan die vloei van verkeer aansienlik beïnvloed, veral gedurende piektye tussen 06:30 en 08:00, 12:00 en 14:00, asook 15:00 en 18:00.

Intussen is daar beter nuus vir motoriste in die omgewing, aangesien die verkeerslig op die hoek van Van Riebeeck- en Wesstraat reeds herstel is.

• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.

Lees ook: Padwerke sluit bane in Herefordstraat – wees versigtig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button