Observer Daller

Kultuurweek vier Afrikaanse trots

Gromar Landbou Akademie in Groblersdal vier erfenis en taal met ’n dinamiese Kultuurweek.

Met kreatiewe skryfwerk, kultuurvasvrae en ’n kleurvolle Heldedag het Gromar Landbou Akademie se Kultuurweek Afrikaanse trots en deelname onder leerders sterk bevorder.

Die verrigtinge het afgeskop met ’n Bybelkennisspeletjiesaand by die koshuis, Huis Kameeldoring. Leerders het hul kennis getoets in ’n gees van gesonde kompetisie en samewerking. Die aand het nie net Bybelkennis bevorder nie, maar ook gemeenskapsbetrokkenheid versterk.

Gedurende die week is leerders aangemoedig om hul kreatiewe vermoëns te ontwikkel deur literêre werk in te skryf. Inskrywings het kortverhale en gedigte ingesluit en het getuig van deeglike taalvaardigheid en verbeeldingskrag.

’n Besondere hoogtepunt was die kompetisie om ’n suiwer Afrikaanse benaming vir die bekende ‘brownie’ te vind. Die weninskrywing, “Kabouterpoeding”, het beïndruk met sy oorspronklikheid en taalgetrouheid.

Die kultuurvasvrae het leerders se kennis van die skool se geskiedenis getoets. Die hoë standaard van antwoorde het bevestig dat die geskiedenis en tradisies van die skool goed bekend en gewaardeer word.

Five young men stand smiling in front of a sign that reads "CVO Gromar." They hold certificates, exuding pride and camaraderie in a casual setting.
SJ Bronkhorst, Hendré Meyer, LJ van Rensburg, Thysie de Villiers en Stephan van Rensburg.

Die week is op ’n feestelike noot afgesluit met Heldedag. Leerders het aangetrek as historiese figure en helde uit die verlede. Die noukeurigheid en moeite wat in die kostuums belê is, het van groot respek vir geskiedenis en kultuurerfenis getuig.

Kultuurweek by CVO Gromar was ’n besondere geleentheid wat nie alleen kennis bevorder het nie, maar ook trots, kreatiwiteit en positiewe deelname onder leerders versterk het.

A boy in a school uniform sits on brick pavement holding paper and a highlighter, with peers around him, engaged in outdoor learning activities.
Arlo Greyling tydens die Kultuurvasvrae.
A group of young children and a woman are gathered around a table, focused on a worksheet. A flower arrangement and candle holder add a cozy touch.
Leerlinge tydens die Bybelkennisspeletjiesaand.
A young boy in a suit stands smiling on a sunlit path, surrounded by lush tropical plants and a large terracotta pot, creating a formal, cheerful atmosphere.
Juan Steenkamp.
Young person smiling in a floral dress and bonnet, standing on grass with trees and rustic buildings in the background, under a clear blue sky.
Mila Erasmus.
Young person smiling in a nurse costume, wearing a white shirt with a red emblem and paper hat, standing on a patio with lush tropical plants.
Suzaan Muller.

Lees ook: Padwerke sluit bane in Herefordstraat – wees versigtig

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button