Observer Daller
Kolhou laat Marble Hall gons
’n Gholfspeler van Marble Hall Gholfklub het almal verras met ’n skaars kolhou tydens die Pioneer Gholfdag.
’n Onvergeetlike oomblik op die gholfbaan het verlede week vir groot opwinding gesorg toe ’n plaaslike speler ’n skaars kolhou tydens die Pioneer Gholfdag by Marble Hall Gholfklub geslaan het.
Fanie Oosthuizen (55), ’n ywerige gholfspeler van die Marble Hall-omgewing, het ná 15 jaar se spel uiteindelik dié gesogte prestasie behaal – iets waarvan menige gholfer net kan droom.
Wat soos ’n gewone hou begin het, het vinnig in ’n storieboek-oomblik verander toe sy bal skielik in gaatjie twee verdwyn het.
• Lees die volledige artikel in die jongste uitgawe van die Observer Daller.
Lees ook: Kultuurweek vier Afrikaanse trots
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
