KYK: Tweede beseerde valk in Krugerstraat gevind
Nog ’n beseerde valk is in Krugerstraat, Groblersdal gevind – die tweede voorval binne weke wat groot kommer wek.
Die ontdekking van nóg ’n beseerde valk in Krugerstraat, Groblersdal, het die gemeenskap onrustig gelaat en nuwe vrae laat ontstaan oor die veiligheid van roofvoëls in die dorp.
Slegs twee weke nadat ’n Kaalwangvalk glo met ’n windbuks geskiet is, is ’n tweede valk – hierdie keer ’n skaars Swerfvalk – in dieselfde straat gevind. Die voël is deur inwoners opgetel en aan Vallei Dierefonds oorhandig, waarna dit vir verdere behandeling na die Bird of Prey & Rehabilitation Centre geneem is.

Met moontlike beserings en selfs vermoedens van nóg ’n windbuksvoorval, groei die kommer oor ’n ontstellende patroon in die gebied.
• Die volle artiel kan hierdie week in die Observer Daller gelees word.
