Observer Daller

Pi-dag bring breinkrag na vore

Ben Viljoen-leerders wys hul breinkrag op Pi-dag, met Danelle Hall wat 226 desimale plekke van Pi memoriseer en die kompetisie wen.

Hoërskool Ben Viljoen se Wiskunde-departement het tydens Pi-dag hul geheue en wiskundige vaardighede tot die uiterste beproef.

Hoewel Pi-dag wêreldwyd jaarliks op 14 Maart gevier word – ’n datum wat verwys na die bekende wiskundige konstante Pi (3.14) – het die skool die vieringe op 16 Maart aangebied.

Hierdie unieke getal speel ’n sleutelrol in die verstaan van sirkels, meetkunde en selfs die heelal, aangesien dit die verhouding tussen ’n sirkel se omtrek en sy deursneë verteenwoordig. Pi strek oneindig voort met desimale plekke sonder enige herhaling, wat dit besonder fassinerend maak.

Om dié dag te vier, het die Wiskunde-departement ’n opwindende kompetisie vir leerders van graad agt tot 12 gereël. Deelnemers is uitgedaag om soveel moontlik desimale plekke van Pi te memoriseer en dit onder toetsomstandighede neer te skryf.

Die kompetisie het groot entoesiasme onder leerders ontlok en indrukwekkende prestasies is gelewer. Die wenners per graad was soos volg:
• Graad agt: Karmi de Klerk (87 desimale plekke).
• Graad nege: Lanel Coetzee (88 desimale plekke).
• Graad 10: Dahliah Levy (87 desimale plekke).
• Graad 11: Caylin Sadie (93 desimale plekke).

’n Spesiale gelukwensing gaan aan die algehele wenner, Danelle Hall (Graad 12), wat ’n merkwaardige 226 desimale plekke van Pi korrek kon weergee.

Die skool het hul trots uitgespreek oor al die deelnemers se ywer en deelname.

A young woman with long hair stands smiling in front of lush greenery. She wears a white blouse and green skirt, exuding a cheerful, relaxed demeanor.
Caylin Sadie.
A person with a joyful expression stands in front of lush green foliage, wearing a green sweater and skirt. They hold a small yellow object.
Dahliah Levy.
A smiling person in a green school uniform stands in front of lush greenery. The tone is cheerful and the setting appears to be a garden.
Karmi de Klerk.
A young girl in a white school uniform with a badge smiles softly, standing in front of lush green bushes. The scene is bright and serene.
Lanel Coetzee.

Lees ook: Loskopdam se damme steeds mooi vol

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button