Loskopdam bo 102% ná reën
Goeie reënval sedert 17 April laat damvlakke in die Loskopvallei sterk styg.
Die heerlike reën wat die afgelope week oor groot dele van die Loskopvallei uitgesak het, het ’n beduidende verskil aan damvlakke in die gebied gemaak.
Sedert 17 April het beide die damme in die Loskopvallei sterk gestyg.
Loskopdam het sedert gister tot 102.8% gestyg, teenoor die vorige lesing van 100.9%, terwyl Flag Boshielodam tans op 107.6% staan teenoor die vorige 101.9%.
Die res van die damme in die omgewing wys ook op goeie invloei ná die reënval wat die afgelope week oor groot dele die omliggende gebiede voorgekom het.
Middelburgdam staan tans op 93.89%, Witbankdam op 98.6% en Buffelskloofdam op 100.9%.
Ander damme wat reeds oor 100% is, sluit in Blyderivierpoortdam op 101.7%, De Hoopdam op 101.3% en Ohrigstaddam op 100.3%.
Nooitgedachtdam staan tans op 99.80%.
