Julian Muller-rugbyspelers blink uit by Limpopo-proewe
Laerskool Julian Muller se rugbyspelers berei nou voor vir die beslissende rondtes van die Limpopo-rugbyproewe.
Laerskool Julian Muller se jong rugbyspelers het hul talent gewys tydens die Limpopo-rugbyproewe en indrukwekkende vertonings gelewer om hul plekke in die finale rondtes te verseker.
Verskeie spelers in beide die o/12- en o/13-afdelings het deurgedring na die laaste rondtes van die proewe wat more, 9 Mei, by Laerskool Pietersburg Oos aangebied sal word.






Daar is ook groot aanmoediging vir spelers wat nie hierdie keer deurgedring het nie, met die boodskap dat volharding en passie vir die spel uiteindelik beloon word.
Met die finale rondtes om die draai, hou die Julian Muller-gemeenskap duim vas vir hul belowende jong rugbytalente.
•Die volle uitslae kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.




