Die Plaas Japies is as die wenners van die kompetsie gekroon. Foto’s: Verskaf.
Marble Hall Rolbalklub se gewilde Plaas Japies vs Dorps Japies-toernooi het op 1 Mei weer gesorg vir hope pret, sportgees en goeie kameraadskap toe spelers van naby en ver saamgetrek het vir ’n dag vol aksie op die setperke.
Urma Prinsloo en Adri Kemp van Old Gold (Mokopane) saam met Jandre Oosthuizen (Kompetisie Sekretaris).
Spanne van Marble Hall, Roedtan en Mokopane het deelgeneem aan die vrolike kompetisie waar selfs eerstekeer-rolbalspelers hul kans gewaag het. Van kleurvolle uitrustings tot sterk spangees en vriendskaplike mededinging, het die geleentheid weereens bewys waarom dit so ’n hoogtepunt op die plaaslike sportkalender is.
Rosselle en Callie Maree van Beauty & The Best (Marble Hall) saam met Jandre Oosthuizen (Kompetisie Sekretaris).
Verskeie span- en individuele toekennings is gedurende die dag oorhandig, terwyl die gesogte wisseltrofee groot belangstelling ontlok het.
Verrosjel Vermaak en Marjorie Breytenbach van Amigos (Marble Hall) saam met Jandre Oosthuizen (Kompetisie Sekretaris).
•Die volle uitslae en besonderhede kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.
Trish Lönn as beste lei (Mokopane) saam met Jandre Oosthuizen (Kompetisie Sekretaris).
Johan le Roux (Vise-President) saam met die bes geklede span: Rosselle en Callie Maree van Beauty & The Beast (Marble Hall).
Johan le Roux (Vise-President) saam met die span met die beste gees: Verrosjel Vermaak en Marjorie Breytenbach van Amigos (Marble Hall).
Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.