Observer Daller

Kranspoort hou kunsnaweek in Raasblaarsaal

Nege kunstenaars gaan hulle werk op 23 en 24 Mei in Kranspoort uitstal.

Kunsliefhebbers kan uitsien na ’n kreatiewe naweek wanneer nege kunstenaars van Kranspoort, die Moot en Groblersdal hulle werk op 23 en 24 Mei by die Raasblaarsaal in Kranspoort uitstal.

Die uitstalling bring verskeie kunstenaars saam, naamlik Elsabé Strydom, Jeanne Barnes Tasen, Wanda Underhay, Elize Leibrand, Witske, Frankie Kritzinger, Hannelie Harrington, Helena Lourens en Lizette Nel.

Black and white pencil drawing of a hawk's head in profile view. Detailed feathers, sharp beak, and intense eye convey focus and strength.
Lizette Nel se kunswerk wat by die uitstalling sal wees.

Lizette Nel van Groblersdal is die enigste kunstenaar van buite Kranspoort en die Moot wat aan die uitstalling deelneem. Sy is bekend vir haar profielstudies, potloodsketse en mandalas en woon sedert 1980 saam met haar man, Fanie, op De Wagendrift Boerdery net buite Groblersdal.

Hoewel sy reeds van kleins af kreatief besig was, het Lizette eers in 1999, op 38-jarige ouderdom, ernstig begin skilder. Haar unieke styl en fyn detailwerk het haar oor die jare ’n bekende naam onder plaaslike kunsliefhebbers gemaak.

Portrait of an elderly man with a rugged beard and expressive eyes, wearing a weathered hat and jacket, conveying wisdom and resilience against a blurred blue background.
Deur kunstenaar Frankie Kritzinger.

Die uitstalling vind op Saterdag, 23 Mei, vanaf 10:00 tot 16:00 plaas en weer op Sondag, 24 Mei, vanaf 09:00 tot 15:00.

Benewens die uitstallingswerke sal besoekers ook die geleentheid kry om sommige kunstenaars tydens die geleentheid te ontmoet.

Painting of an African wild dog with expressive eyes and intricate fur patterns, set against a blurred, earthy background, conveying a sense of curiosity.
Deur kunstenaar Wanda Underhay.

Volgens die organiseerders dien die uitstalling ook as ’n voorloper vir die beplande ‘Kranspoort: Komskilder-saam’-groep waar beginners en ervare kunstenaars in die toekoms gereeld saam sal kan skilder, tegnieke deel en idees uitruil.

Belangstellendes wat meer inligting verlang, kan Wanda Underhay by 082 941 5051, Jeanne Tasen by 084 610 8354 of Elsabé Strydom by 082 875 0378 kontak.

A realistic painting of vibrant red grapes overflowing a white dish against a dark, textured background, creating a rich, dramatic contrast.
Deur kunstenaar Jeanne Barnes Tasen.

Lees ook: Man wat bejaarde Roossenekal-boer vermoor het, gevonnis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button