Observer Daller

Gromar se hoenders kraai van sukses

Gromar Landbou Akademie se gewilde hoenderprojek leer jong leerlinge waardevolle lewensvaardighede terwyl vars eiers weekliks verkoop word.

Die grondslagfase by Gromar Landbou Akademie se hoenderprojek groei van krag tot krag en bring daagliks groot opgewondenheid onder die jong leerlinge.

Wat as ’n praktiese leerinisiatief begin het, het vinnig ontwikkel in ’n geliefde deel van die skooldag.

Leerlinge is daagliks betrokke by die versorging van die hoenders – van kosgee en waterbakke volmaak tot die versameling van eiers. Hierdie aktiwiteite word nie net met ywer aangepak nie, maar bied ook waardevolle lewensvaardighede.

Smiling child in blue uniform holds a chicken outdoors near a coop. Other children are in the background, and the setting is cheerful and playful.
Alexa Nel.

Die skool het onlangs hul fasiliteite uitgebrei en die hoenders word nou in ’n groter en veiliger hok gehuisves. Hierdie verbetering maak dit moontlik vir meer kinders om gelyktydig deel te neem en praktiese ervaring op te doen.

Die projek lewer reeds tasbare resultate. Die vars eiers wat deur die hoenders gelê word, word aan ouers verkoop, en die vraag groei steeds. Volgens die skool is daar reeds lede van die gemeenskap wat weekliks eiers aankoop – ’n duidelike bewys van die projek se sukses.

Two smiling children in blue jackets hold chickens, surrounded by a group of peers. The setting has a cheerful and lively farm atmosphere.
Karli en Lara Pretorius.

Die opwinding stop egter nie hier nie. Nuwe henne sal aan die begin van Mei by die projek aansluit, iets waarna beide leerlinge en onderwysers met groot afwagting uitsien.

Met sorg, betrokkenheid en entoesiasme as dryfkrag, is dit duidelik dat Gromar se hoenderprojek nie net opvoedkundig waardevol is nie, maar ook ’n voorbeeld stel van hoe leer en pret hand aan hand kan gaan. Soos die skool self sê: ’n beter hoenderlewe sal jy nêrens anders kry nie.

A group of children in blue uniforms stand in a fenced dirt area holding chickens. Trees and farm buildings are visible in the background. The scene is cheerful and lively.
Die CVO Gromar grondslagfase-leerlinge.

Lees ook: Gromar-trio wys hul staal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button