Observer Daller

Seniors bederf met musiek en lekker kuier in Groblersdal

Mosaic Funeral Group Groblersdal het plaaslike bejaardes met ’n dag van omgee en vermaak verras.

Plaaslike bejaardes van Groblersdal is verlede Donderdag, op Hemelvaartsdag, behoorlik bederf tydens ’n spesiale dag van musiek, lekker kos en heerlike samesyn by die Nederduitse Hervormde Kerk.

Die geleentheid, wat deur Mosaic Funeral Group Groblersdal aangebied is, het seniors die kans gegee om saam te sing, hande te klap en nostalgiese herinneringe te herleef terwyl Chris Coetzer die gaste met musiek en ’n inspirerende boodskap vermaak het.

Three people stand in front of a stage with a man holding a microphone. Behind them are tables with food and a poster display, creating a formal event atmosphere.
Lukas Janse van Vuuren (Mosaic Funeral Group Groblersdal), Chris Coetzer en Michelle Janse van Vuuren (Mosaic Funeral Group Groblersdal).

Die dag is afgesluit met lekker kuier en ’n smullekker ete, terwyl die organiseerders almal bedank het wat gehelp het om die geleentheid moontlik te maak.

•Die volle berig kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.

A smiling elderly couple sits at a table in a social gathering. The room has simple decor, tables with woven placemats, and a relaxed atmosphere.
Corra en Burt Senekal.
Two women sit at a table with woven placemats, smiling in a social gathering setting. The room includes other people seated at tables.
Martie Botha en Mari Peachey.
A group of elderly people sitting at decorated tables in a bright hall, all raising one hand in a cheerful gesture. A person stands at the front leading the activity.
Die bejaardes geniet Chris Coetzer se sang terdeë.

Lees ook: Kranspoort hou kunsnaweek in Raasblaarsaal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button