Observer Daller

Leerders beleef safari in VR

Graad 8 tot 12 leerders van Hoërskool Ben Viljoen het met behulp van virtuele realiteit die Groot Vyf en ander wilde diere van nader leer ken.

Hoërskool Ben Viljoen leerders van graad 8 tot 12 het ’n unieke leerervaring beleef toe hulle deur middel van virtuele realiteit op ’n safari-avontuur geneem is.

Met die aanbieding van VR-Education se safari-program het die leerders nie fisies op reis gegaan nie, maar tegnologie gebruik om die hart van Afrika se wild te verken.

Deur verstommende 360-grade Virtuele Realiteit het die natuur letterlik rondom hulle lewendig geword.

Students in a school hall wearing virtual reality headsets, seated in rows. They're in uniform, surrounded by beige curtains, with a focused atmosphere.
Die leerlinge geniet ’n 360-grade Virtuele Realiteit van die Groot Vyf in die Hoërskool Ben Viljoen skoolsaal.

Die leerders het die geleentheid gehad om van naby kennis te maak met sommige van Afrika se bekendste diere. Van die majestueuse Groot Vyf tot die indrukwekkende kameelperde het die ervaring ’n realistiese kykie in die natuur gebied. Hulle het ook die gevaarliker kant van die wild beleef met tonele van krokodille en seekoeie.

Volgens die skool het die innoverende ervaring nie net die leerders se kennis uitgebrei nie, maar ook hul nuuskierigheid en waardering vir Afrika se unieke biodiversiteit versterk.

Die gebruik van tegnologie in onderrig wys volgens die skool hoe leer verder as die tradisionele klaskamer kan strek en nuwe moontlikhede vir opvoeding kan oopmaak.

Die skool sien daarna uit om in die toekoms nog soortgelyke ervarings aan leerders te bied wat leer op ’n nuwe en opwindende vlak neem.

Lees ook: Mnr. Vreugdenburg vier akademiese mylpaal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button