Observer Daller

N11 naby Roslé Boerdery gesluit ná botsing

’n Botsing tussen ’n polisievoertuig en ’n trekker se sleepwa het die N11 naby Roslé Boerdery vir verkeer gesluit.

Die N11 naby Roslé Boerdery is tans vir verkeer gesluit nadat ’n polisievoertuig met die sleepwa van ’n trekker gebots het.

Die ongeluk het omstreeks 09:30 plaasgevind en noodpersoneel is steeds op die toneel besig.

Volgens Derrick Maidment van 24 Seven Towing is een polisiebeampte beseer en per privaat ambulansdiens na Life Midmed-hospitaal vervoer. Twee van die sewe gevangenes wat in die voertuig was, het ook beserings opgedoen.

Daar word tans nog gewag vir ’n staatsambulans om die beseerde gevangenes te vervoer.

Maidment het bevestig dat die pad vir ’n geruime tydperk gesluit sal bly terwyl forensiese ondersoeke op die toneel voortgaan.

Motoriste word versoek om alternatiewe roetes te gebruik en plek te maak vir noodpersoneel wat na die ongelukstoneel onderweg is.

Lees ook: LM se jongklomp ruk en rol

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button