Dallers gereed vir semi-finaal en finaal op tuisbodem
Hoërskool Ben Viljoen se rugbyspanne sal Saterdag alles gee wanneer hulle in die Limpopo Afdeling 2 semi-finaal en finaal uitdraf.
Hoërskool Ben Viljoen maak gereed vir ’n groot dag van skole-rugby op Saterdag, 20 Junie, wanneer die Limpopo Afdeling 2 semi-finaal vir A-spanne en die finaal vir B-spanne op die skool se velde sal plaasvind.
Die Dallers sal met twee spanne in aksie wees en hoop om voor hulle tuisskare sterk vertonings te lewer. Die eerste span sal in die semi-finaal teen Hoërskool Hans Strijdom uitdraf, terwyl die o. 14B-span in die finaal teen HTS Tom Naude te staan kom.

Verskeie topspanne van regoor die streek sal deel wees van die dag se wedstryde, wat reeds vroegoggend afskop. Ondersteuners kan uitsien na ’n vol program van aksie op beide die A- en B-velde.
Op die A-veld:
• Derde spanne van Hoëskool Frikkie Meyer en Hoërskool Nylstroom omstreeks 08:00.
• O. 14A-spanne van Hoërskool Frikkie Myer en HTS Tom Naude omstreeks 09:00.
• O. 15A-spanne van HTS Tom Naude en Hoërskool Nylstroom omstreeks 10:05.
• Tweede spanne van Hoërskool Ellisras en Hoërskool Frikkie Meyer om 11:15.
• O. 16A-spanne van HTS Tom Naude en Hoërskool Ellisras om 12:15.
• Eerste spanne van Hoërskool Ben Viljoen en Hoërskool Hans Strijdom om 13:30.
Op die B-veld:
• O. 15B-spanne van HTS Tom Naude en Hoërskool Frikkie Meyer om 08:00.
• O. 16B-spanne van HTS Tom Naude en Hoërskool Ellisras om 09:00.
• O. 14B-spanne van Hoërskool Ben Viljoen en HTS Tom Naude om 11:00.

Die Dallers doen ’n beroep op die gemeenskap om die spelers te kom ondersteun en saam die tuisspanne aan te moedig tydens hierdie belangrike wedstryde.
Toegang tot die dag se rugby kos R30 per persoon en R20 per voertuig.