News

Groente én pannekoek by Plaasbasaar!

Gaan ervaar al die lekkertes van pure plaas by die Hervormde Kerk se basaar!

Van ’n vrugte en groentestalletjie tot tuisgemaakte gemmerbier sal deel uitmaak van die Hervormde Kerk, Moedergemeente se Plaasbasaar more (Saterdag, 4 Mei) tussen 09:00 en 14:00.

Dié kerk se basaars het elke jaar allerlei lekkernye en interessante artikels by hul stalletjies en vanjaar sal hulle beslis weer nie teleurstel nie!

Van die eetgoed wat te koop sal wees, is kerrie en rys, worsrolle, vetkoek en hamburgers.

By die teetuin kan daar gesmul word aan heerlike varsgebak, terwyl almal saamkuier om ’n koppie koffie.

Dan is daar natuurlik ook die vleistafel, honderde pannekoeke, nagereg, naaldwerk en ’n houtstalletjie.

Die jongklomp sal besig gehou word met verskeie speletjies.

• Die kerk is geleë op die hoek van Lilian Ngoyi en Bhimy Damanestraat (ingang in Bhimy Damane).

 
Back to top button