Erasmus die held in Rooi Bulle sege

"Cometh the hour, cometh the man" toe plaasvervanger aanlê pale toe.

Die vreugdevure brand vanaand hoog in die Rooi Bulle kamp, na ’n 15-12 oorwinning in die NWU Pukke-reeks oor Hoërskool Middelburg op Kempton Park. Hulle het uitgespeel vir posisie vyf en ses.

Die wedstryd het nie veel hoogtepunte opgelewer nie en sal eerder onthou word vir die strafskoppe en geel kaarte wat soos Smarties uitgedeel is. Twee geel kaarte aan Middies en een vir HTS Middelburg met ’n spul strafskoppe na albei kante.

HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg het rotsvas verdedig in hulle NWU uitspeelwedstryd. Foto: Patrick Lightfoot.

Hoërskool Middelburg het eerste bloed geruik met ’n drie, maar dit was nie lank nie of HTS Middelburg het met sy eerste vyfpunter geantwoord. Dit was ook die rustydtelling, vyf elk.

Nadat daar kante geruil is, het Middies weer eerste punte aangeteken en lank 12-7 voorgeloop.

Nadat die Rooies die telling gelykop gemaak het, 12 elk, het dit gelyk asof dit ook die eindtelling gaan wees.

Met ’n minuut speeltyd oor het die span in groen met ’n lang strafdoel misluk.

Maar hoe sê hulle “cometh the hour cometh the man”.

Middies is gestraf en plaasvervanger Cornelius Erasmus het aangelê pale toe. Hy het die strafdoel suiwer deur die pale gestuur om HTS Middelburg met 15-12 te laat wen.

Die skop wat aan die Rooi Bulle ’n oorwinning besorg het. Cornelius Erasmus jaag die bal deur die pale. Foto’s: Patrick Lightfoot.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button