Sponsored

Die nuutste innovasie vir glansende vel

Profhilo® bevat die hoogste konsentrasie HA wat op die mark beskikbaar is, en lewer 'n kragtige hupstoot vir die gesondheid van die vel en kan selfs die gevolge van veroudering omkeer.

Rondom jou 30ste verjaarsdag sal jy begin sien dat die vel elastisiteit begin verloor en fyn lyne begin ontwikkel. Die hoofoorsaak hiervan is die onvermydelike afname in hialuronsuur (HA), ‘n taai vloeistof wat natuurlik in die liggaam geproduseer word. HA is bekend vir sy hidrerende eienskappe en speel ‘n belangrike rol om ons vel soepel en ferm te hou. Daar word al vir vele jare ‘n sintetiese weergawe van HA gebruik om droë vel, tekstuur, elastisiteit en wondgenesing te bespoedig, asook inspuitbare vorms vir die vul van fyn lyntjies en plooie. Deur die vel binne te dring, kom HA-inspuitings by die wortel van die probleem uit, en beloof dus beter resultate. Profhilo®, ‘n buitengewone suiwer, vloeibare vorm van sintetiese hialuronsuur, is ‘n leier in die inspuitbare kategorie. Profhilo® bevat die hoogste konsentrasie HA wat op die mark beskikbaar is, en lewer ‘n kragtige hupstoot vir die gesondheid van die vel en kan selfs die gevolge van veroudering omkeer.

u sal dalk ook belangstel in: https://rekord.co.za/382338/new-cutting-edge-innovation-revitalises-sagging-lacklustre-skin/


Hoe werk Profhilo®?

‘n Gespesialiseerde estetiese dokter gebruik ‘n klein, fyn naald om die bestanddeel in die boonste lae van die pasiënt se vel in te spuit. Met die vloeibare digtheid versprei die HA wat in Profhilo®-behandelings gebruik word, moeiteloos in die vel, en sorg vir behoorlike penetrasie sodat dit ‘n ondersteuning bied vir die omliggende weefsels. Hialuronsuur word dan stadig vrygestel om die produksie van kollageen, wat die vel sy fermheid gee, te stimuleer, asook elastien, wat die vel styf hou. Hierdie proses word onder die vel aangewakker en word bio-hermodeleering genoem. Dit is ‘n nuwe innovasie in die inspuitbare mark, wat die behandeling die nuutste in sy soort maak vir velverjongende behandelings. Skin Renewal Brooklyn is die eerste onderneming wat Profhilo® Bio-hermodeleering in Suid-Afrika bekendstel.

Hoe lank neem dit voordat pasiënte resultate opmerk?

Binne drie tot vyf dae na behandeling sien pasiënte beter velkleur, tekstuur en hidrasie. Fyn lyne is ook minder opvallend.

Wat is die verskil tussen Profhilo® en ander rimpelbehandelings?

Profhilo® is ‘n volledige opknapping van die gesig wat uitstekende verjonging van die vel lewer, en pasiënte met ‘n gesonde, gloeiende vel laat. Dit werk op velkwaliteit eerder as op spierbeweging wat plooie veroorsaak en wat Botulinum Toxin (kommersieel bekend as Botox®) behandel. Profhilo® vervang ook nie Dermale Vullers wat die verlies aan volume in die vetkussings teiken of spesifieke lyne vul nie. Pasiënte met Profhilo®-behandeling kan steeds ander rimpelinspuitings laat doen.

Word Profhilo® slegs op die gesig gebruik?

Die nek, bors, hande, arms en knieë kan ook behandel word.

Wie moet Profhilo®-behandeling oorweeg?

Die behandeling is geskik vir mans en vroue van alle ouderdomme en velsoorte. Aangesien dit die antwoord is vir verlies van velvolume wat die versterkende effek van ultrahidrasie benodig. Profhilo® Bio-hermodeleering word veral aanbeveel vir pasiënte met een of meer van die volgende toestande:

  • Dowwe, moeë, gedehidreerde vel
  • Verlies van velvolume
  • Fyn lyntjies en plooie
  • Velverslapping en ‘n krepelagtige tekstuur
  • Los vel

Hoe lank neem ‘n Profhilo®-behandelingsessie?

Die behandeling duur ongeveer 30 minute, afhangende van die hoeveelheid areas wat behandel word. Vir maksimum voordeel word twee behandelings vier weke uitmekaar aanbeveel, en kan elke 6 maande herhaal word.

Watter newe-effekte kan ‘n pasiënt verwag?

Hialuronsuur is oor die algemeen veilig om te gebruik en het min newe-effekte. Sodra dit ingespuit is, versprei dit vinnig onder die vel om hidrasie te verbeter. Dit is nie nodig om die area tydens die behandeling te masseer nie, en daar is ook geen risiko dat daar knoppe of nodules agterbly nie. Soos met alle nie-chirurgiese behandelings, is daar ‘n geringe risiko vir ligte kneusplekke of swelling op die inspuitplekke. Hierdie reaksies is skaars en neem gewoonlik vinnig af wanneer dit wel voorkom.

Is daar enige af tyd nodig na die behandeling?

Profhilo® bio-hermodeleering benodig geen verdowingsmiddel nie, wat beteken dat herstel vinnig is. Dit word aanbeveel dat pasiënte sonblootstelling, sauna’s en kragtige sportaktiwiteit vir ‘n paar dae vermy. Besoek Skin Renewal Brooklyn om ‘n behandeling of konsultasie by een van die hoogs bekwame estetiese dokters te bespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button