Sponsored

Top 3 liggaam behandelings wat jou gaan help goed lyk die winter

Ons vel dehidreer meer soos die weer kouer word.

Lees meer oor die verbetering van u velsorgroetine.

Dit kan lei tot n droë, growwe en afgeskilferde vel wat jou ongemaklik kan laat voel en selfs jou selfvertroue kan demp. Saam met ‘n gedehidreerde vel, ken ons almal natuurlik die ongewenste gewig wat ons net te gereeld optel gedurende die winter, omdat trooskos tog so geweldig aantreklik is op koue dae. ‘n Gedehidreerde vel saam met die ekstra gewig kan die beste van ons en ons selfbeeld negatief beïnvloed.

Sê totsiens vir krokodil vel en die ekstra gewig die winter met die beste behandelinge van Skin Renewal Brooklyn wat jou vel stralend gaan los en jou liggaam in tip-top vorm gaan hou tydens die seisoen:

Cryolipo Vet Vriesing

Seisoenale gewigstoename kan jou vinnig bekruip. Daardie ekstra koppie warm sjokolade op ‘n koue dag raak vinnig een te veel en voor jy dit weet is jy ‘n paar sentimeters groter as wat jy was aan die begin van die winter seisoen. Die ergste deel van winter gewig is dat jy die wilskrag bymekaar moet skraap om in die yskoue wintersoggend, vroeg, gimnasium toe te gaan. As jy dit wel regkry om die begeerte om in die bed te bly te bestry en gimnasium toe te gaan, mag jy nogsteeds nie ontslae raak van die hardkoppige vet op plekke wat net nie will wegsmelt nie, al oefen jy hoe hard. Gelukkig is daar ‘n eenvoudige oplossing om jou winter gewig ellende te elimineer – Cryolipo vetvries behandeling.

Cryolipo vetvries is ‘n liggaams behandeling wat uitgevoer word om vetselle op verskillende liggaamsdele te bevries, dit maak die vetselle dood en word dan natuurlik deur die liggaam uitgeskei. Die behandeling is nie indringend nie en dit bevorder jou liggaamsbeeld. Dit kan ongeveer 6 tot 12 weke vat vir die resultate om te wys, jy sal resultate sien in ‘n japtrap!

Weg is die dae wat jy sukkel om slegs deur streng dieete en oefen programme te probeer om daardie hardkoppige vet te verloor. Die behandeling is vinnig en maklik en die resultate is ‘n meer gedefinieerde lyf en ‘n glimlag wat weier om weg te gaan!

Koebaai winters gewig!

Laser-haarverwydering

Om ontslae te raak van liggaamshare in die winter voel soos ‘n ontmoontlike taak.  Met jou vel wat makliker dehidreer gedurende die kouer maande, is dit geen wonder baie van ons ondervind, wanneer ons skeer, ‘n vel wat afskilfer, ingroei haartjies en hiperpigmentasie nie. Laser-haarverwydering is die perfekte oplossing as jy skeer wil vermy en nog steeds ‘n gladde vel in die winter wil hê.

Laser-haarverwydering behels die verwydering van hare op die liggaam met die gebruik van laser tegnologie. Dit is meer effektief op ligter velle maar kan veilig op enige vel tipe gebruik word, dus maak dit die winter die perfekte tyd om die behandeling te begin.

Dit is raadsaam om die son te vermy gedurende die behandelings tydperk, wat die kouer winter maande die aangewese tyd maak siende dat ons in the tyd meer binneshuis deurbring.

As al die nie genoeg aansporing is nie, is nog ‘n aansporing dat laser behandelinge oor ‘n paar maande versprei moet word so deur die proses in die winter te begin sal jou vel glad en reg wees vir daardie someruitrustings!

Glutathione IV terapie

Het jy al op daai koue wintersdae in die spieël gekyk en gewonder net hoe jou voorkoms so dof en lusteloos geraak het. Dit is normaal om n droë, lewenslose vel te ondervind as gevolg van die verminderde vog in die lug. Om asem terug te blaas in jou vel oorweeg om vir Glutathione IV terapie te gaan. Die terapie behels ‘n kombinasie van Glutathione (‘n sterk antioxidant), Vitamiene, Minerale en Vloeistof wat in die bloedstroom opgeneem word, dit sal lei tot ‘n vel wat helderder en verjong lyk.

Hierdie intraveneuse terapie is nie net goed vir u vel nie, dit is ook ‘n wonderlike gesondheidsbooster. Ander voordele sluit in die detoksifisering van die liggaam, die afweer van neurologiese ongestelhede en dit help die liggaam met die uitvoering en hestel gedurende en na fisiese aktiwiteite.

Dis is nie net jou vel wat helderder lyk nie, jy gaan ook aan die binnekant gloei!

Vertrou op Skin Renewal se liggaam behandelinge om die bitsige effekte van winter te bestry en jou vel en liggaam se voorkoms te verbeter. Dit sal jou verfrisend en stralend laat voel gedurende daardie koue winter dae.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button