Die spoke bly loop van Henry Whitfield tot by History’s Walk…
In ons Bloukamer, in die ou Whitfield-huis (wat vandag as History's Walk bekend staan) is daar sprake van nagtelike aktiwiteite.

Die oumense het darem dinge net beter gedoen.
Toe ek byna tien jaar gelede met die ongeloof vlak in my oë Dundee binnegry het, het ek nooit kon raai dat die geskiedenis ‘n ineengevlegde storie van toevallighede voor my deur sou kon neerlê nie. Ek skryf my eerste artikel vir die Northern Natal Courier byna tien jaar gelede, en rig my domicilium et executandi in Erf no. 2007 in.
Dis nou volgens die pragtige, ou handgeskrewe ‘Dundee Listings Evaluation’ van 1986.
Meer nog, die ou detail van die huis, wat nog steeds in plek is, die ou Oregon Pine vloere en die portico wat die sogenaamde bungalow-dak voor afrond. Die woorde, ‘Whitfield House’, op die ou planne, het begin klokkies lui. Dit gebeur nogal so effe.
Waar het die huidige Courier-koerant vandaan gekom…?
Wyle Henry Whitfield, gebore Augustus 1873, en skoolgegaan in Manchester, Engeland, oorlede Desember 1931, het drukwerk as sy ambag gekies, en is in dié lyn in Tasmanië opgelei.
In 1902 kom hy in Natal aan, waar hy ‘n pos aanvaar by die Natal Witness, met Messrs P Davis & Sons.
Die lyn raak hier effe onduidelik, maar dit blyk dat Whitfield kort daarna na Dundee verhuis het, waar hy ‘n drukpers en skryfbehoeftewinkel vir W Leake van Pietermaritzburg kom oopmaak het. Dundee se eerste koerant sien ‘n kort tyd daarna die lig, en word die Launceston Courier genoem, waar Henry Whitfield ‘n deel van sy vakleerlingskap gedoen het.
Met sy dood in 1931, het Henry Whitfield se seun Arthur Norman Whitfield die besigheid oorgeneem, tot en met sy dood in 1952, waar dit in 1953 aan ene Mnr Griffiths verkoop is, en later aan RA Burns, wat toe die naam Whitfield verander het.
Die drukkery bestaan vandag nog in Dundee, maar hulle druk nie meer die Courier nie. Die koerant se naam is later na die Northern Natal Courier verander, en is vandag deel van die Caxton-familie van tydskrifte en koerante.
In ons Bloukamer, in die ou Whitfield-huis (wat vandag as History’s Walk bekend staan) is daar sprake van nagtelike aktiwiteite.
Ek het net gehoor as skoonma (of van Natasha se vorige kêrels wat kom kuier het) van ‘n ou man met ‘n dun snorretjie wat met ‘n hoedjie en das aan op die bed sit, geprata het. Oubaas Whitfield…?!
Of dalk Arthur Norman…? Wie sal weet?
Hoe dit ook al sy, met ek, wat so af en toe vir die Courier iets skryf, of ‘n foto neem, het oubaas Whitfield my in vrede gelaat. Dalk hoor hy my in die middel van die nag as ek deur die huis dwaal wanneer ek nie kan slaap nie, of laatnag ‘n artikel aanmekaar moet ryg vir ‘n Maandagmôre, dan knik hy dalk net sy kop in goedkeuring. Ons het intussen die ou broekielace afgehaal, Henry.
Dit behoort jou in vrede te laat rus, want daardie ou huis van jou was darem definitief nie ‘n Victoriaanse huis nie. Hopeliks al die geskiedenis kan voortleef in jou koloniale bungalow van die tyd.
Groete, van die huidige eienaar.



