BlogsDie WoestynrotEditor's choiceOpinion

Dis die dag om wakker te word: ? blik op ? toekomsgedagte

Fly Cy draf saam met blondes in Seepunt, trokke en treine brand oor die lengte van ons hoofpaaie, verskeie staatsdepartmente het al ineengestort, soos byvoorbeeld Waterwese, Slow Affairs, Opvoeding en Edoekaisjun, die polieste, en so 'n paar ander.

Die klippe, ysters en petrolbomme reën op vragmotors op die N3, mense word seergemaak, en waardevolle tyd en geld word verspil.
Dit is alles kommoditeite wat jy nié weer kan inwerk soos oortyd wat jy gevat het toe jy vir die baas gelieg het oor jou ma se begrafnis nie.
Dis alles verlore moeite, en nie een van die protesteerders wat daardie nag van hulle koppe afgeraak het, gaan ooit weet hoeveel geld hulle hierdie land kos in verlore oomblikke en geleenthede nie.
Dieselfde kultuur geld vir mense wat agteroor gaan sit, tyd steel, en wegloop van die werk af, “want almal doen dit nou?”
Sedert daardie dag wat ons vorige president vir die eerste keur deur die Presidensie se deure geloop het, het hierdie land meer opstand en protes beleef as wat enige van ons eerwaarde politici ooit sou kon voorspel het. Sedert die Groot Uhuru soog maagwerk op ons neergedaal het op 27 April 1994, hang die rookwolke oor Suid-Afrika. Nou hoe nou….?

Fly Cy draf saam met blondes in Seepunt, trokke en treine brand oor die lengte van ons hoofpaaie, verskeie staatsdepartmente het al ineengestort, soos byvoorbeeld Waterwese, Slow Affairs, Opvoeding en Edoekaisjun, die polieste, en so ‘n paar ander.

Hierdie ou cowboydorpie van ons, met sy roemryke geskiedenis, het ‘n toksiese munisipaliteit wat nog kwalik die vuilgoed kan kollekteer.
Ons bly in ‘n openbare toilet, waar munisipale amptenare byna op ‘n weeklike basis menslike uitskeiding en ander soortgelyke viesighede van publieke oop ruimtes moet verwyder.


Ons sal liewers eers die kombers oor Fornication Park getrek hou.
Naweek vir naweek bulder ‘n oerwoudritme oor die plaaslike lugruim soos die plaaslike bevolking “p-a-a-a-a-a-r-t-y….!!!” hou, en duisende rande se alkohol sonder aansiens des persoons verorber word.
Dan gaan ons met ‘n bol-in-die-broek benadering deur die lewe, waar ons enigiets of almal blameer vir die foute wat ons maak, en die geleenthede wat ons laat wegglip, want niemand glo meer in ‘n eerlike voldag se werk, waar jy moeg, maar tevrede kan huis toe gaan, en jouself in die spieël kan kyk, en sê ek het iets gedoen vandag nie.
Nee, nee, daar is altyd ‘n rede waarom iets nie gedoen kan word nie, en waarom ek die hoogs moontlike beloning met die minste moontlike poging behoort te kry.
Daar was ‘n tyd in ons lewe waar toerisme tot R65 miljoen rand per jaar in hierdie dorp ingepomp het.
Wat sou die bedrag nou wees..? Wanneer het jy laas ‘n toeris gesien…?
Mense weeklaag oor die gebrek aan werk, besigheid en diesmeer, maar wat doen ons daaraan…?
Maak hierdie vuil bas skoon, bring dienslewering terug, maak mense trots, en nooi die wêreld uit om hier te kom geld spandeer, en ek bedoel nie “inwestmints” nie. Roei tenderpreneurskap uit, plant ‘n groentetuin aan, was jou kar en groet ‘n vreemdeling op straat. Word ‘n toeriste-vriend, en wys ‘n uitlander waar om die beste steak in Dundee te gaan eet in die aande.
Kom ons kry rede om weer trots op onsself te raak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button