BlogsOpinion

Liewe Heksie klop aan die agterdeur van homeschooling

Ek het Google search en 'n YouTube video nodig vir stap een, en dis net om die video af te laai!

It’s easy, they said… just follow the instructions, they said… Pfftttt! Het jy enige idee hoe moeilik is homeschooling? Ek het altyd gedink, ag nee wat – dit kan nie so erg wees nie – volg net stappe een tot vyf en jy sal fine wees. Oh my soul! Ek het Google search en ‘n YouTube video nodig vir stap een, en dis net om die video af te laai! Ek is nie die wêreld se most technological person nie, maar ek kan darem die aan en af knoppie van mekaar onderskei, wat in meeste gevalle dieselfde knoppie is. So nothing to it! Maar dan praat juffrou op die video, en ek kyk haar met sulke skaap-oë aan. Ek is seker sy kon dit op die video sien dat hierdie mamma sopas ‘n blank geslaan het. Ek kry ‘n flashback van my eie skooldae. Daar waar ons in die wiskunde-klas sit. In Standard 5, oftewel die nuwe benaming Graad 7, het ons ‘n wille onnie gehad hoor! Hy was alreeds aan die ouerige kant, alhoewel op daardie ouderdom is selfs ‘n 20-jarige persoon aan die ouerige kant vergelyke met ‘n 13-jarige. Maar anyway, hy was woes kwaai. Ek weet tot en met vandag toe nie hoe ek deur Wiskunde gekom het nie, want wanneer hy sy mond oopgemaak het, het my ore toegeslaan en het die syfers op Roxette se ‘Joyride’ gaan party. Maar soos dit moes wees, is ek Wiskunde op my maagvelle deur.
En toe… toe kom Standard 6!
Eerste dag al, het ons ‘n onnie gehad wat ons heelhartig meegedeel het dat sy ons Wiskunde-guru gaan wees tot in matriek.
Haar bynaam… Liewe Heksie! Ek weet tot en met vandag toe nog nie waarom die naam nie – want Liewe Heksie is tog ‘n saggeaarde, liefdevolle heks.
Mmmm… miskien is die keyword – heks!
Sy was so kort juffroutjie met ‘n humeur van The Incredible Hulk. Enigste verskil is sy het nie groen geword van woede nie, maar wel rooi! Ek was in die begin vir haar so bang, ek kon skaars asemhaal. En jy moet darem ook onthou dat ek ‘n groentjie in ‘n groot skool was. So jy was inelkgeval te bang gewees om asem te haal, want netnou sien ‘n matrikulant jou, en dan moet jy anyway ophou asemhaal. Maar anyway, Liewe Heksie was wild. Ons het sommer met die eerste intrapslag al ‘n boekie gekry. En die boekie moes met rooi papier oorgetrek word – wat was die naam van die boekie?
MOORDBOEK! Nou moet jy weet, om sommer met die intrapslag al so woeste boek met ‘n nog woester naam te kry, sal enige Std sessie se broek laat bewe en jou sewe poniesterte uit hul rekkies laat spring. Nou ja, daardie Moordboek het menigemale my gatvelle gered, want ons wiskundige reëls is in hom vasgelê. Van Patagoras se stellings tot Sin, Cos Tan en wie weet wie die ander van die calculator-familie was. Want tot en met vandag, het ek nie een enkele dingetjie van my Wiskunde wat ek tot in Matriek gehad het, gebruik nie. Maar kom ek beweeg terug na Liewe Heksie – soos ‘n tipiese magical creature, het sy oë agter in haar kop gehad. Want oh boy, oh boy… wanneer sy op die swartbord verduidelik (ja, ons het nog swartborde gehad in die 1800s toe ek op skool was) en jy let nie op nie, gryp sy die bordborsel en blaas die krytstof af en swaai om. Soos een man sal die hele klas in ‘n hand-oor-jou-kop-duik-onder-jou-tafel-in-posisie beweeg. Daai tipiese beweging van iemand wat iewers op ‘n slagveld skree: “bom!” Take cover, dis al wat jy doen. Want jy het nooit geweet vir wie daardie bordborsel bedoel was nie. En menigemale was jou reaksies ‘n bietjie stadig, en dan vlieg daardie missile so skuins verby jou oor. Nee kyk, mik was soms haar sterk punt, ander kere not so much. Maar tipies kind, wou jy altyd maar die theory test, en dan sal ons met opset nie oplet nie net om te sien of haar aim improve het. Soms moes iemand instaan as ‘n casualty, ander kere het ons gegiggel want die bordborsel het gevlieg tot teenaan die agterste muur, en was nie eens naby aan ‘n moontlike teiken nie. Ek is seker meeste van ons het ‘n herinnering omtrent ‘n onderwyser wat ons tot en met vandag nog bybly. Dit was goeie dae en ek is Wiskunde deur alhoewel ek elke sekonde daarvan gehaat het. Jinne, kyk nou alweer hoe hol ek op die sidetrack terwyl ek eintlik op die online homeschooling moet fokus. Maar dit help nogsteeds nie my situasie nie,
want ek staar die juffrou nogsteeds aan met skaap-oë en sy is nou al ‘n paar keer geplay en gepause… Wanneer het Graad 6 so moeilik geword? Ek kan nie eens die eenvoudige somme doen nie – hoeveel metodes is daar dan nou vir een enkele sommetjie? Ek onthou net van optel en aftrek en van ondermekaar skryf! Soos ‘n tipiese failure draai ek dan nou maar na sussie, en verduidelik dat pappa hierdie videotjie saam met haar sal kyk, want mamma onthou nou skielik dat ek gou ietsie moet gaan doen wat dringend my aandag verg. NOT! Maar ek moet vlug – hierdie wiskundige terme gaan
my insluk en my insanity level verder oor die afgrond dryf! Dus ontglip ek daardie moontlike embarrassment van mamma wat nie weet wat aangaan met die Wiskunde nie. En die ergste van alles is, die juffrou verduidelik blêrrie goed, dis net mamma wat onnosel is! Ek haal my hoed af vir elke onderwyser wat tans hierdie uitdaging in die gesig staar – ek kan net imagine… dis ‘n challenge op die beste van tye wanneer die gesiggies voor jou in die klas sit – en nou praat jy in ‘n kamera in en hoop en bid dat die gesiggie aan die anderkant van die skermpie verstaan wat jy sê.
Een voordeel hiervan, ons kan die video oor en oor kyk, en pause… tot ons verstaan wat juffrou nou eintlik sê.
Hats off to all the teachers! The world has changed in a matter of a few weeks, maar ons adapt… we have to, we don’t have much of a choice – it is what it is!

ALSO READ:How to create a Momster 101?

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button