Local newsNews

Phillip se lewe het gespreek van diensbaarheid

Sy nalatenskap is groot.

Sy lewe het gespreek van diensbaarheid, beginselvastheid en nederigheid. Sy morele kompas en standvastigheid het vir hom respek besorg selfs onder ander politieke partye.

Hy was ‘n man van aksie, en altyd bereid om leiding te gee – selfs in te gryp waar nodig.

So het die Vryheidsfront Plus vanoggend in ‘n huldeblyk aan rdl. Philip van der Merwe gesê, wie op 22 Desember sy lang en dapper stryd teen kanker verloor het.

Phillip was een van die langsdienende raadslede wie sedert 2006 ‘n toegewyde VF Plus-raadslid in die Ngwathe Plaaslike munisipaliteit (Edenville, Heilbron, Koppies, Parys, Vredefort) was.

Voor sy rol as VF Plus-raadslid het Phillip vir jare gedien as die burgemeester van Heilbron en ‘n blywende bydrae tot die gemeenskap gemaak.

Sy regsagtergrond en leierskapervaring het hom ‘n onmisbare steunpilaar gemaak vir sy gesin, gemeenskap en die VF Plus.

Die party het sy innige meegevoel uitgespreek teenoor Phillip se vrou, Jeanne, en seuns, David, Pierre en Mark.

“Mag julle troos vind in die wete dat Phillip se nalatenskap sal voortleef in diegene wat hy aangeraak het. Mag die Hemelse Vader jul in die tyd van rou versterk en vertroos.”

Ook die Ngwathe munisipaliteit het by monde van sy Speaker, rdl. Neheng Mopedi die raad se meegevoel met die familie betuig en gesê dat rdl. Van der Merwe bekend was vir sy waardevolle ondervinding en betrokkenheid by die Raad.

  • Rus in vrede Phillip. Die Gazette-personeel sal jou waardevolle bydraes, jou professionaliteit te alle tye, opregtheid, vriendskap en besondere menswees, oor baie jare ongelooflik baie mis. Jy was vir baie ‘n troue vriend, raadgewer, en ‘n man van inbors. Ons harte is seer,

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button