Local newsNews

Oupa, ouma en kleinkinders sterf toe bakkie in water beland

Die polisie het 'n beroep op  gemeenskappe gedoen om wanneer daar die gevaar is van oorstromings, laagwaterbrue, riviere en strome te vermy.

‘n Een en sewentigjarige man, sy 62-jarige vrou,  hul drie kleinkinders,  asook ‘n 34-jarige man, sy 33-jarige vrou en die egpaar se 2-jarige dogtertjie is onder die oorledenes wat in ‘n tragiese insident die naweek gesterf het, toe die bakkie waarmee hulle gery het tussen twee plase deur ‘n sterk stroom meegesleur is op die Kliprivier-laagwaterbrug op die Welgeluk-grondpad  buite Heilbron.

Polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle, het  bevestig dat die liggame van die agt insittendes van die bakkie vanmiddag deur polisieduikers uit die stroom gehaal is.

Die tragiese toneel waar agt mense die naweek buite Heilbron gesterf het.

Kapt. Earle sê volgens die voorlopige ondersoek het die oorledenes Saterdagmiddag vanaf Heilbron gery, maar het nooit hul bestemming op ‘n plaas in die Heilbron-distrik bereik nie.

Hulle is Sondagaand as vermis aangemeld.

Die oupa en ouma en hul kleinkinders – twee 10-jarige seuns, en ‘n 14-jarige dogter, asook die egpaar en hul 2-jarige dogtertjie se liggame is in die stroom gekry, nadat die polisie met ‘n grootskaalse soektog begin het.

‘n Boer het vanoggend die voertuig  in die stroom opgemerk waarop soek-en-reddingshonde en hul hanteerders sowel as polisieduikers na die toneel is waar die liggame na ‘n uitgebreide soektog gekry is.

Die polisie het ‘n beroep op  gemeenskappe gedoen om wanneer daar die gevaar is van oorstromings, laagwaterbrue, riviere en strome te vermy.

Bly weg van paaie, brue en strome waar water sterk sou vloei, selfs al sou dit lyk of die water nie diep is nie. Moet onder geen omstandighede deur vinnig vloeiende water probeer loop of ry nie, omdat jy jou maklik kan misreken met die sterkte van die stroom en diepte van die water.

Gebruik eerder alternatiewe roetes sou daar water oor paaie vloei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button