Photo GalleriesSport

Seniors saam op die gholfbaan

Senior lede van beide die Parys Golf & Country Estate en Vaal de Grace gholfklubs het onlangs vir die eerste keer besluit om nouer bande te smee en sal daar voortaan nou Dinsdae saam sosiale gholf gespeel word. Die sosiale spel is die voorloper vir interklub kompetisies wat later beoog word. Met die eerste kompetisie …

Senior lede van beide die Parys Golf & Country Estate en Vaal de Grace gholfklubs het onlangs vir die eerste keer besluit om nouer bande te smee en sal daar voortaan nou Dinsdae saam sosiale gholf gespeel word.
Die sosiale spel is die voorloper vir interklub kompetisies wat later beoog word.
Met die eerste kompetisie was Frikkie Schwim en Koos Snyman die naaste aan die pen. Hul prys is geborg deur Old Mutual, Waterstraat 18, Parys.
Alle seniors is welkom om voortaan Dinsdae om 07:30 aan te meld op die gholfbaan.
“Kom ons bring dorpenaars en gholflandgoed-bewoners op hierdie wyse bymekaar,” sê die organiseerders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button