Sport
Parysenaars blink uit by SA senior nasionale tenniskampioenskappe
Parysenaars blink uit by SA senior nasionale tenniskampioenskappe


Drie lede van Parys-Tennisklub het tydens die afgelope Nasionale Senior Tenniskampioenskappe in Pretoria die klub se naam hoog gehou deur hulself te laat geld in hulle onderskeie ouderdomsgroepe.
Brian Colby het 5de geëindig in sy enkels en derde in sy dubbels kragmeting in die ouderdomsgroep 70+. Clive Botha, wat onlangs by die klub aangesluit het, het sewende in sy enkels geëindig en derde in sy dubbels vir die ouderdomsgroep 65+. Lucas Moloantoa kon ongelukkig weens werksverpligtinge nie die laaste dag van die toernooi voltooi nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



