Duiwe stoei teen die wind vanaf Noupoort
Die wind het weer gesorg vir uitdagings met die naweek se Noupoort-vlugte, en net die duiwe op die bord was terug by die huis.

Johan Aspeling se duiwe het die Jaaroud-vlug gewen en ook gesorg vir die 3de, 14de en 25ste plekke.
Maree-hokke het die 2de, 4de, 6de, 7de, 8ste, 11de, 16de, 18de, 20se, 21ste en 24ste plekke ingepalm.
Die 5de, 9de, 12de, 13de, 15de 17de, 19de, 22ste en 23ste posisies het aan Sys van Rooyen-hokke behoort.
Jordaan-hokke was 11de.
Met die Noupoort Ope-vlug het Maree-hokke die voortou geneem, met Johan Aspeling wat die tweede posisie verower het.
Die res van die plekke het as volg gelyk:
Maree-hokke – 3de, 4de, 9de, 14de, 15de, 17de en 18de.
Sys van Rooyen-hokke – 5de 12de en 16de.
Jordaan-hokke – 6de en 11de
Johan Aspeling – 7de 8ste, 10de en 13de.



