‘Dit is die mooiste marathon in die wêreld’
Die Twee Oseane marathon is veral bekend vir sy besonder kusuitsig en uitdagings wat die roete aan deelnemers bied.
“Dit was uitdagend maar elke persoon wat geskree het ‘go Parys’ of ‘lekker Parys’ het definitief gehelp om klaar te maak.” So gesels Vredeforter, Gys Visagie, wat in die kleure van Parys Multisport oor die Paasnaweek die 56km Twee Oseane marathon voltooi het in ‘n tyd van 06:41.
Die marathon word inderdaad beskryf as een van die mooiste marathonroetes met sy asemrowende kusuitsig langs die Atlantiese en Indiese Oseane, en neem deelnemers ook oor die uitmergelende Chapmans Peak.

Dit was perfekte hardloopweer, sê Gys en gee hy 10/10 vir die organiseerders en almal anders wie betrokke was by die reelings.
Gys hoop om volgende jaar weer die voorreg te hê om die wedloop te voltooi.



