65-Jarige van Schonkenville in hof oor dwelms
Die totale straatwaarde van die dwelms wat gekonfiskeer is, word geraam op ongeveer R10 000.
’n 65-Jarige man verskyn vandag in die Parys-landdroshof vir ’n formele borgaansoek ná sy inhegtenisname tydens ’n dwelmverwante operasie in die Schonkenville-woonbuurt.
Polisielede het Donderdag 9 April toegeslaan op ‘n huis in die woonbuurt nadat inligting ontvang is oor beweerde dwelmverspreidingsaktiwiteite.
Volgens polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani, het die Zamdela Infrastruktuur Taakspan, Parys Misdaadintelligensie, Tumahole Misdaadvoorkoming, en ’n lid van die Fezile Dabi Trio Taakspan tydens die operasie beslag gelê op 299 pakkies nyaope, 104 pakkies Metamfetamien (Crystal Meth), ongeveer 5kg se onverpakte dagga, en twee halwe Mandrax-tablette.

Die beraamde straatwaarde van die dwelms is ongeveer R10 000.



