NewsNews

Adriaan Boshoff werke, fotografie, en ‘You Suck’ gee fees momentum

Parys is bekend vir sy talle kunstenaars en kunsgalerye. Vanjaar sal die dorp sy eerste kunstefees van 29 Maart tot 15 April hou, aangebied deur die Parys Kunste Korps. ’n Groot aanwins vir die fees is die deelname van Adriaan Boshoff (jr). Hy sal van sy eie werk sowel as dié van sy pa, Adriaan …

Parys is bekend vir sy talle kunstenaars en kunsgalerye. Vanjaar sal die dorp sy eerste kunstefees van 29 Maart tot 15 April hou, aangebied deur die Parys Kunste Korps.
’n Groot aanwins vir die fees is die deelname van Adriaan Boshoff (jr). Hy sal van sy eie werk sowel as dié van sy pa, Adriaan Boshoff (sr). uitstal. Adriaan Boshoff (sr). word bestempel as een van Suid-Afrika se beste impres-sionistiese kunstenaars.
Dan is daar ook die vertoning van Die Drie Reisigers (Dana Snyman, Johan Badenhorst en C. Johan Bakkes) met Gert Vlok Nel wat sal sorg vir ’n gesellige aand met gesels, kuier, stories en musiek. Kaartjies het reeds begin verkoop by parysartsfestival.co.za. Die vertoning sal op Saterdag 31 Maart van 17:00 tot laat plaasvind.
“The Black and White Photography Group” wat nog swart-en-wit foto’s maak op die eg tradisionele manier met film en hand ontwikkelde foto’s, sal hul werk uitstal by die Dog and Fig Brewery vir die feestydperk. Die groep se werk is uitsonderlik en van ons land se beste fotograwe word deur hulle verteenwoordig. Dan is daar sanger, musikant en digter Chris Wait wat kom optree en tussendeur beskikbaar sal wees as videokunstenaar vir kort promosievideo’s
“You Suck” (en ander afgryslike waarhede) deel die avonture, misverstande en mislukkings van die eksentrieke tiener, Pretina de Jager (vertolk deur Klara van Wyk.) Deur haar ‘liewe- dagboek’ vertolking neem die chappie-kouende Pretina, wat sukkel om haar voete te vind in die nuwe Engelse skool, jou op ’n  reis van onbekende hashtags, twerking faux pas en wiskunde wat nie sin maak nie. Groepsdruk en verwerping kry die kleurryke karakter nie onder nie en deur haar eiesoortige selfvertroue, eerlikheid en humor, hou sy die gehoor op hul tone. Van Wyk is benoem vir ’n Fleur-Du-Cap toekenning en was die wenner van ’n Standard Bank Ovation-toekenning vir haar rol as Pretina de Jager. Kaartjies is by parysartsfestival.co.za.
Die fees is oop vir ’n  verskeidenheid van kunsvorme en van kinders tot gevestigde meesters is welkom. Kunstenaars van Parys en omliggende omgewing word genooi om die organiseerders te skakel vir insluiting by die fees. Vir meer inligting gaan na
www.parysartsfestival.co.za of skakel feeswoordvoerder, Selma Kok by 082 456 0856, of e-pos na info@parysartsfestival.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button