

Jordaan-hokke (jr.) verdien ‘n klop op die skouer vir sy duiwe se skitterende oorwinning in die Junior Springfontein Jaaroud unie-vlug waar hy nie net ‘n wenplek, maar ook die 5de plek behaal het. Die wedvlug was op 25 Junie.
Met die afgelope naweek se Junior Reddersburg Jaaroud-vlug het sy duiwe die 7de, 12 en 13de posisies behaal. Hy is tans die jongste lid van die Legends Parys Posduifklub.
In Saterdag se Reddersburg Ope-vlug was dit die gesoute voorlopers wat die plekke ingeryg het. Maree-hokke en Johan Aspeling se duiwe het die vlerke geklap om die eerste 15 posisies van die vlug. Maar dit was uiteindelik Maree-hokke wat met die wenposisie en ook die 2de, 3de 4de 5de, 7de en 12de posisies gespog het.
Johann Aspeling se duiwe was in 6de, 8ste, 9de, 10de, 11de 13de, 14de, 15de en 17de posisie. Sys van Rooyen-hokke was 16de en 20ste, en Jack Venter se duiwe 18de en 19de.
Met die Reddersburg Jaaroud-vlug was dit ook weer Maree-hokke se duiwe wat eerste terug by die hok was met die 1ste, 2de, 3de en 4de posisies, asook die 7de, 11de, 17de, 18de, 20ste en 21ste plekke.
Johan Aspeling se duiwe het gesorg vir die 5de, 9de 13de, 14de, 15de en 19de posisies.
Sys van Rooyen-hokke was 8ste, 10de, 12de en 16de.





