Van Rooyen, Maree en Aspeling oorheers die Springfontein en Reddersburg vlugte
Die afgelope naweek was dit weer Maree-hokke se duiwe wat soos met die vorige naweek se Reddersburg 1 Jaaroud-vlug gesorg het vir die wenposisie in die Springfontein ope-vlug. Dit ook weer dié hokke se duiwe wat saam met Johan Aspeling die vlug oorheers het.

Maree-hokke behaal naas die wenplek, ook die 5de, 7de 11de, 14de, 17de, 21ste, 22ste, 23ste, 24ste, 27ste en 29ste posisies.
Johan Aspeling se duiwe het egter die 2de, 3de, 4de, 8ste, 9de, 10de, 13de, 18de, 19de, 20ste, 25ste en 30ste posisie behaal, met Maree-hokke sesde.
Sys van Rooyen-hokke se duiwe het verras met die 12de, 15de en 16de, 26ste en 28ste posisies, en toe sommer ook skoonskip gemaak in die Springfontein Jaaroud-vlug.
Met die Springfontein Jaaroud-vlug het die uitslae as volg gelyk:
Sys van Rooyen-hokke – 1ste, 3de, 5de, 7de, 10de, 14de, 19de, 21ste, 22ste en 24ste,
Maree-hokke – 2de, 4de, 8ste, 9de, 16de, 18de, 20ste en 25ste.
Johan Aspeling – 6de, 11de, 12de, 15de, 28ste
Martin Pieterse – 17de, 23ste, 26ste, 27ste en 30ste
Jordaan-hokke – 29ste.
Reddersburg 1 Jaaroud uitslae:
Maree-hokke – 1ste, 2de, 4de, 10de, 14de,16de, 17de, 18de en 23ste
Sys van Rooyen-hokke – 3de, 5de, 7de, 11de en 12de.
Johan Aspeling – 6de, 8ste, 9de, 13de, 15de, 20ste, 21ste en 22ste.
Martin Pieterse – 19de
Met die Reddersburg 2 Ope-vlug het Johan Aspeling se duiwe seker gemaak van die vinnigste kloktyd. Die vlugposisies het so gelyk:
Johan Aspeling – 1ste, 2de, 6de, 9de, 12de, 18de en 19de.
Maree-hokke – 3de, 4de, 5de, 7de, 8ste, 11de,13de en 15de
Sys van Rooyen-hokke – 10de, 14de, 16de en 17de
Jordaan-hokke – 20ste